http://hs-eldo.co.za/

Sport, die eldo-sterre wat die heeljaar vonkel met 14 sportsoorte ...

Sport, die eldo-ster wat die heeljaar vonkel – want daar is 14 sportsoorte om van te kies !

Of jy nou hou van perdry, skiet,swem of skaak – daar is altyd iets by Eldo’s wat jy kan doen !

Sonder twyfel is ons die beste atletiekskool in Centurion – met ‘n 2e plek by die Jakaranda Prestige Interhoër , 12 provinsiale en 2 SA atlete ,skitter ons atletiek-ster…

Ons wen lag-lag die rugby in die FNB Classic Clash en het 4 spelers wat deel is van die Blou-Bul spanne !

Emmers vol sterre vir die Netbal-meisies wat 2e in die Nu Power/Tuks reeks eindig !

Daar is hokkie vir al die hokkie-bokkies asook die manne, met 4 seunsspanne en 12 dogterspanne is daar vir almal ‘n plekkie !

Psst.. ons is die enigste skool in Centurion wat 2 netbalspanne en 3 hokkiespanne het wat kwalifiseer vir die Noordvaal kampioenskappe. Met 15 hokkiespelers en 4 netbalspelers wat provinsiale kleure verwerf , kraai ons koning !

Met top-afrigters is ons landloop besig om ‘n krag te word – word deel van dié groep met gees wat jou vinnig fiks gaan kry.

Die krieketmanne in wit is vinnig besig om ‘n krag te word – hoe dan nou anders as Pierre Joubert ( Nashua Titans kaptein ) deel van ons krieketakademie is.

Sjoe dan is daar ook nog …tennis, gholf, muurbal, trompoppies , sagtebal en swem ! Beslis uitnemendheid met balans en ‘n sport vir elke Eldo !

Daar kan met reg, trots teruggekyk word na ‘n ongelooflike atletiekjaar. Nie net was daar ‘n toename in byeenkomste nie, maar ook in die aantal entoesiastiese atlete wat net opdaag en deelneem en dan nog puik presteer.

Atletiek in Pretoria en meer spesifiek in die A-Bond, word jaarliks sterker en meer kompeterend.

Reeds in September begin ons met die Drakiades waar ons nuwe talent ontdek om diepte aan ons atletiek te verleen. Tydens die Naboomspruit TOP 10 is dit duidelik dat van ons individuele atlete sterk en goed op dreef is. Ons is steeds die nommer een skool sonder ‘n koshuis in die A-bond en ontwikkel ons eie gemeenskap se kinders.

Ons neem deel aan die Gautengkampioenskappe en d sewe van ons atlete word in die Gautengspan opgeneem. Nicola de Bruyn, Theuns Ehlers, Morné van As en Johann Grober is almal Gauteng kampioene in hul onderskeie items. Hulle neem saam met Charné-Lee Olkers, Lohan Roode en Dominic Dalhouzie aan die SA Skole kampioenskappe deel.

Na afloop van die AGN kampioenskappe word nege van ons atlete in die AGN span opgeneem om aan die Nasionale Kampioenskappe deel te neem. Nicola de Bruyn, Johann Grobler, Ryan Steyn en Morné van As is onoorwonne terwyl Theuns Ehlers, Charné-Lee Olkers, Ronelle Naudé, Lohan Roode en Caelin van der Westhuizen 2e eindig in hul items. Saam met Romano Slinger neem almal deel aan die die Nasionale Kampioenskappe.

Tydens die Julie vakansie toer 40 van ons atlete na Europa. Die toerplan sluit byeenkomste in wat gebruik word as voorbereiding van atlete wat moontlik opgeneem gaan word in die Jeugspan na die Wêrledkampioenskappe en ander jeugbyeenkomste. Tydens die toer besoek die Eldo’s Frankryk, Switzerland en Duitsland.

Ons is geweldig trots op ons atlete en ewe opgewonde oor die ontwikkeling van ons ongelooflike en energieke afrigterspan. Ons sien uit na ‘n nog beter en meer suksevolle 2016 seisoen.

Hoërskool Eldoraigne
Eldoraigne Hoërskool ondersteun sport geesdriftiges op verskeie sport soorte buite skool verband. Van ons leerders presteer uitsonderlik op nasionale en internasionale vlak in hul gekose sport.
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

ELDO-gholf vaar uitstekend! Die ledetal van die Eldoraigne Gholf Akademie (EGA) het oor die afgelope 3 jaar verdubbel.
Daarom is dit geen verassing dat Hoërskool Eldoraigne deesdae gesien word as een van die top- gholfskole in die provinsie.
Soos vorige jare het ons skool weer verskillende spanne ingeskryf om deel te neem aan die Gauteng- Noord skole liga waaraan ons deelgeneem het en goed presteer het. Die EGA het ses spanne in 2012 ingeskryf waarvan twee van die spanne in die A-liga ingeskryf is.
Verder het ons 1ste span ons naam hoog gehou op alle gebiede. Hulle het in die tweede kwartaal met van die beste skole in Gauteng afgereken om die wenners te word van die VOORSITTERSTROFEE wat Eldoraigne laas in 2007 kon verower. Ons spog ook met vyf van ons EGA- lede wat Gauteng- Noord verteenwoordig het in 2012 nl. Ben Schutte, Murray Visser, JP du Randt, Owen Rynners en Marco de Beer.
In 2012 word ons skool ook deel van 'n baie klein uitgesoekte groep wat deelneem aan die jaarlikse St. John's International Schools tournament wat plaasvind by die bekende Sun City waar ons 20e eindig uit 34 top skole.
Gholf by Hoërskool Eldoraigne is besig om uit sy nate uit te bars en ons sien almal baie uit na die 2015 seisoen...
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Eldo Hokkie 2015 was weereens ‘n ongelooflike hokkiejaar!

Ons het 12 dogterspanne en 6 seunspanne in die onderskeie ligas ingeskryf.

By die dogters het ons ‘n A,B en C-span in elke ouderdomsgroep en by die seuns ‘n A- en B-span. Ons is definitief die beste hokkieskool in Centurion en by die dogters ook die enigste skool wat in die Grootskole 1-liga vir 2016 is. Die seuns het in die A-liga deelgeneem waar hul teen die beste skole in Pretoria meegeding het.

Ons seuns B-spanne het in die C-liga deelgeneem waar hul teen ander skole se A-spanne gespeel het en veral die tweedespan seuns het baie goedgevaar !

In die Tuks Skolereeks het die Eldo’s die semi - en finaal aangebied en was ons baie trots op ons VLR wat die medaljes uitgedeel het ! Al ons dogterspanne het vir 1-8 uitgespeel en die eerstespan dogters het derde geëindig. Die tweedespan dogters eindig (gesamentlik met Waterkloof) eerste asook die 0/16B- dogters .Die eerstespan seuns en 0/15B- dogters eindig tweede. Ons is baie trots op al hierdie spanne wat medaljes verower het !

Die eerste span dogters het ‘n baie suksesvolle toer na DF Malan in Belville onderneem en het 7 uit 8 wedstryde gewen. Die 0/16 en 1ste seuns, asook 0/15A en 0/16A dogters het na Kovsies in Bloemfontein getoer . Die eerstespan seuns is hier aangewys as die beste span van die week. Die 0/14 seuns en dogters het by Pukke ‘n 0/16- toernooi bygewoon en hulself baie mooi gehandhaaf teen die ouer spanne.

Die 0/14A, 0/15A en 1ste dogters het uitgespeel om ‘n plek in die semi-finaal van die stadsbeker te kry, asook om aan die Noordvaal kompetisie te kan deelneem. Die 0/14 dogters het ongelukkig in ‘n baie mooi wedstryd 0-1 teen Midstream verloor. Die 0/15 dogters wen DSG, maar verloor ongelukkig die volgende wedstryd. Die 1ste span dogters wen, Midstream (7-0) en AHM (6-2) om deur te gaan na die semi-finaal . Hul wen verder vir Nelspruit (6-0)en is een van die 16 skole in Gauteng wat die naweek van 6-10 Augustus aan die Noordvaal deelneem. Hulle wen hulle poel in die kompetisie maar verloor ongelukkig in die kwartfinaal.

Met al die ongelooflike prestasies en al ons ander spelers in elke span wat Eldo-hokkie net van krag tot krag laat gaan, verbeter ons jaarliks ! Al hierdie prestasies is net te danke aan uitstekende afrigters en ondersteunende Eldo-ouers en daarvoor is ons diep dankbaar !

KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Eldo-­‐krieket het ‘n goeie jaar beleef met goeie uitslae en ‘n groot aantal 100-­‐talle wat deur die seuns aangeteken is.
Daar was suksesvolle toere en drie o/15 en twee eerstespan-­‐seuns is in die Merensky Dream Teams ingesluit.
Deur die toere wat onderneem is, het die seuns hulself geslyp vir die harde seisoen wat voorgelê het en hulle ook baie goed van hul taak gekwyt.
Ons speel in die T20-­‐reeks asook die Super-­‐18 waar net die top krieketskole in die ou Transvaal-­‐area teen mekaar kompeteer.
Die Eldo’s juniorspanne neem weer deel aan die A-­liga en die eerstespan aan die B-­liga.
Met die nuwe binnenshuise kriekeLasiliteit wat begin 2014 in werking sal tree, is dit die volgende stap in Eldo-­‐krieket om te verseker dat Eldo’s ‘n krag sal wees in die toekoms, nie net in Pretoria nie, maar regoor Suid-­‐Afrika.
Baie dankie aan al die afrigters en spelers vir hulle toewyding om krieket so ‘n groot sukses by Hoërskool Eldoraigne te maak!
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

As ‘n “klein” sportsoort het landloop ‘n besondere plek in Hoërskool Eldoraigne gevestig. Ons is trots op elk van ons byna 50 atlete wat landloop in Eldoraigne tot nuwe hoogtes gevoer het.
Tydens die jaarlikse oefenkamp by Discovery het een van die kampeerders gevra wat die kinders daar doen ?
“Ek weet nie, maar hulle hardloop die heeldag” was die antwoord, dit is ware toewyding !
Op 26 Januarie neem drie van ons atlete aan die Nasionale landloopproewe in Johannesburg deel. Ian Slinger en Simoné Verwey mis die nasionale span rakelings en Caelin vd Westhuizen, nog ‘n junior, vaar baie goed.
Dan volg die NuPower/Tuks-reeks waar ons uitstekend vaar.
Ons junior dogters eindig 1ste en reken af met die grotes soos Kemptonpark 2de en Monument 3de.
As skool eindig Eldoraigne 3de na Monument en Kemptonpark. Dan volg die provinsiale ligas en uit die ligas word 15 atlete in die AGN-­‐span opgeneem.
Hier vaar ons weereens baie goed. Anice le Roux eindig 2de by dogters /14.
Caelin vd Westhuizen 3de by dogters /15.
Simoné Verwey wen die dogters /17 en Ian Slinger eindig 5de by die seuns /19.
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Muurbal is 'n uitstekende sport waar : Balans, koördinasie, uithouvermoe, krag en ratsheid ontwikkel word.
Centurion Junior Squash help en ondersteun elke junior vanaf 4 jaar tot en met Gr12 om hul volle potensiaal te ontwikkel. Ons oefen by Uitsig Muurbal bane asook op Vrydae by Centurion Muurbal bane en nooi enige speler om sonder verpligting sommer net te kom kyk wat ons doen.
Ons groot mikpunt is om van ons leerlinge aan die jaarlikse skole liga te laat deelneem maar meer nog om vir elke leerling 'n liefde vir die spel te kweek sodat hulle muurbal kan speel tot op 'n baie hoë ouderdom.

Kyk gerus by cjsquash.co.za vir meer inligting of skakel Maryna Fourie by 0721309381 vir afrigtingstye en kostes.

Netbal is ʻn dinamiese aktiwiteit, met baie dissipline maar ook prêt ! Hierdie seisoen was ʻn hoogtepunt vir Eldo-Netbal.
Elke jaar is ʻn skitterende Netbaljaar. Hoërskool Eldoraigne is algehele wenners van die NuPower reeks. Die 0/14A- en 0/15A-spanne is ook individuele wenners van die NuPower reeks. Die hoogtepunt is die feit dat beide die 0/14A- en 0/15A-spanne ook Gautengwenners is.
D4-liga en Tshwane:
0/14A-, 0/15A- en 0/15B-spanne het die D4-liga gewen.
Slegs die 0/14A-span het aan die Tshwane Kampioenskappe deelgeneem en eerste geeïndig. Gauteng en “Top Schools” (SAʼs):
Twee spanne het deurgedring na Gauteng: 0/14A- en 0/15A-spanne het gewen. Die 0/15Aʼs het by die Top Schools (SAʼs) ʻn brons medalje verower en die 0/14A-span neem eers in Desember aan die SAʼs deel.
Gauteng-kleure: 0/14: Megan Jay
0/15: Jeanette Vermeulen, Ronelle Naude ,Melissa Nel
0/16: Nadine de Bruin
Al hierdie prestasies is te danke aan die ywer, opoffering en entoesiasme van die afrigters en die harde werk van die spelers.
Direkteur Netbal: Me Charlotte Schoeman Tel : 012 660 2066/7/2270
Sel : 084 580 6742
E-pos: schoemanc@hseldo.co.za

Die perdesportspan het hierdie jaar met 15 ruiters aan die 4 SANESA Interskole byeenkomste deelgeneem. Van die ruiters kon ongelukkig nie al die byeenkomste deelneem nie as gevolg van perde wat beserings opgedoen het. Nietemin is ons trots op die ruiters wat Noord Gauteng – en Gautengspanne gehaal het.
ʻn Perdryspan se sukses word ook bepaal deur die talent en die skoling van die perde wat deelneem. Die jaar was al die perde nog nuut geskool, so daar is nog belowende talent wat ontgin moet word.
ʻn Spesiale dankie aan die ouers van al hierdie ruiters. Met die jare word almal vriende en geen moeite is te groot nie, van perde rondry en poets, tot stof en storms trotseer en morele ondersteuning. Alle ondersteuners wat elke keer ver ry om ons te kom besoek word spesiaal voor dankie gesê.
ʻn Nuwe instelling by die byeenkomste is ʻn parade waaraan al die skole se perdryspanne moet deelneem. Hierdie jaar het die enigste 2 matrieks in die span nl., Jana Hager en Rachelle Bester, as ʻn laaste eerbetoon met hulle perde gestap saam met die res van die Eldoʼs.
Hierdie jaar is ʼn nuwe kompetisie, Western games, ook as ʻn Interskole byeenkoms deur SANESA aangebied en het Romano Koen ons skool daar verteenwoordig en baie goed presteer deur die Gauteng span te haal.
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Die toekoms van Eldoraigne se rugby, is weer groen, ELDO GROEN !
Die oomblik het aangebreek, Eldoraigne-­‐Rugby is reg om die “Green Mile” te begin loop! Na gemengde welslae in die NuPower-­‐Reeks, waar ons soms harde bene gekou het, kan ʼn mens nie anders as om opgewonde te raak, oor hoe Hoërskool Eldoraigne se rugby vanaf 10e na ʼn 7e opgeskuif het in bogenoemde reeks nie.
Welgedaan o/15’s met die goeie 4e plek en baie geluk aan ons o/14’s wat as naaswenners uit die stryd getree het.
In die Blou Bulle se skole-­‐liga eindig Eldoraigne vanjaar in die algehele 4e plek. Geluk aan die o/14’s wat die kwarteindrondte gehaal het van die Beeldtrofeë. Besondere vermelding moet gaan aan ons o/15A rugbyspan, wat nie net geskiedenis gemaak het om die eerste Eldo rugbyspan te word, wat in ʼn finaal van die Beeldtrofeё te speel nie, maar ook daarin slaag om as die span van die jaar, gekroon te word.
Baie dankie aan al die spelers wat die 10 spanne van Eldoraigne vanjaar, op die veld verteenwoordig het en aan ons ouers wat op kort ennisgewing dit moontlik kon maak, dat 5 spanne vanjaar kon gaan toer het.
Gedurende die 7’s Rugby-­‐seisoen vanjaar, het die ander skole ook weer deeglik kennis gemaak met die “gif” van die “Groen Mambas“.
Onder die bekwame afrigting van Mnr Jakes Smit, het die manne nie net vanjaar vroeg in die koue winters-­oggende geslyp vir die uitdagende seisoen nie, maar spog hul ook met die eerste Blou Bul uit hul geledere-­Johan Fourie, ons dubbele Blou Bul vanjaar en wat dan ook as die Senior Rugbyspeler van die jaar, aangewys is!
Saam met die wending wat ons in die Rugby ervaar het, wil ek graag van die geleentheid gebruik maak om ons skop-­‐afrigter, Jurgens de Jager te bedank, vir sy harde werk die afgelope seisoen.
In dieselfde asem wil ek ook al ons afrigters, buite-­‐afrigters, al die spelers, ouers en veral ons borge van die onderskeie spanne bedank, vir die groot opofferings, ondersteuning en moeite tydens die seisoen, veral op en langs die veld, tydens al die wedstryde.
Met die nuwe uitdagings wat die 2014 seisoen vir ons gaan inhou, sal daar tydens die voorseisoen-­‐oefenprogram, hard gewerk moet word aan die leemtes en tekortkominge van die afgelope seisoen, sodat die Eldoraigne-­Drake groot vuur, onder die “Super 6 Skole” in Poel A kan blaas, sowel as onder die top 4 plekke in die NuPower aanstaande jaar!
Mag hierdie woorde ons gemeenskaplike doelwit vir die toekoms wees:
“Let go of those who bring you down Surround yourself with those who bring out the best in you.”
Lank lewe Eldo-­‐Rugby! Let’s walk the “Green Mile”

KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Hoërskool Eldoraigne het sopas 'n besonderse seisoen gehad met sagtebal. Die 1ste span en die O/15 A-­span is na afloop van die liga direk deur na die Semi-­‐finaal van Noord-­‐Gatueng. Tydens die semifinaal het die O/15’s gelykop 1-1 gespeel teen Pretoria-­Noord waarna hulle net-­net verloor het met ‘sudden death’.
Die 1ste Span het tydens hul semifinaal gewen teen Centurion B. Die finaal het plaasgevind op 5 Oktober en die 1ste Span het te staan gekom teen Centurion A. Albei spanne het goed gespeel en na 'n verbete stryd en `n uur en 15 minute het Centurion die oorhand gekry en 6-­4 gewen.
Eldoraigne se 1ste span is dus sonder twyfel die 2de beste span in Noord-­‐Gauteng, voorwaar iets om op trots te wees.
Tydens die prysuitdeling op 5 Oktober is Melissa Nel aangewys as die beste O/15 kolwer asook die beste kolwer in Noord-­‐Gauteng.
Die Provinsiale spanne is ook tydens die prysuitdeling aangekondig en Eldoraigne is baie trots op Melissa Nel en Karlu Lyons wat vir die O/15 Blue Sox (A-­‐span) van Noord-­‐Gauteng gekies is.
Anneke Beukman wat steeds O/16 is, is vir die O/17 Blue Sox (A-­‐span) van Noord-­Gauteng gekies.
Hierdie spelers gaan deelneem aan die einde van die jaar se provinsiale toerrnooie.
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Konings, koninginne en torings…
Dis waarmee ʻn aantal Eldoraigne leerlinge hulself besig gehou het hierdie jaar. Daar was natuurlik ook ʻn paar oorloë wat strategies beplan en uitgevoer moes word soos die NuPower/Tuks reeks in Maart en die distrik liga in die tweede kwartaal. ʻn Paar toernooie tussen deur het die jaar vol opwinding gehou.,/br> Hoërskool Eldoraigne het hierdie jaar weereens goed presteer met die skaak. Tydens die NuPower kompetisie het die skaakspan ʻn algehele negende plek behaal en die o/19- en 0/15-spanne het deurgedring na die distrikuitspele in die derde kwartaal, waar dié twee spanne onderskeidelik sesde en vierde plek behaal het.
So of jy nou kasteleer en of jy “en passant”, die Eldoʼs sal altyd skaakmat wees …
SKAAKOEFENINGE DINSDAEMIDDAE 14:00 – 15:00
ASOOK POUSES IN M5.
MNR. NEDJO STEVANIVIC NEEM DIE AFRIGTING DINSDAEMIDDAE WAAR
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Luggeweerskiet was GROOT IN 2012!
42 Leerlinge van ons skool was vanjaar in die skietspan, dit is ʻn nuwe rekord!
Ons oefen in die week op ons buitelug baan, maar het vanjaar dikwels op Donderdae by die SAHARA-skietbaan gaan oefen.
Kompetisies word geskiet in die Pluimbalsaal by die Tshwane Events Centre.
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Om in een woord die swemmers van Eldoraigne te beskryf is maklik – TOEWYDING. Dié leerlinge is soggens vyfuur reeds aan die gang tydens die swem seisoen en sommige van hulle selfs elke dag van die week!
Tydens vriendskaplike gala’s veroorsaak die span vir groot oproering omdat hulle werklik besonders presteer vir ‘n skool wat nog taamlik nuut is in ‘n sportsoort waar sommige skole al vir jare aan deelneem.
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Tydens die NuPower reeks wat in die tweede kwartaal plaasgevind het, behaal Eldoraigne pragtige prestasies deurdat die Junior Seuns- en Dogtersspanne ʻn 5de plek behaal en die Senior Seuns en Dogtersspanne ʻn 9de plek. Die kompetisie was baie sterk maar tenspyte daarvan het Eldoraigne se tennisspelers hul uitstekend van hul taak gekwyt.
Een van ons tennisspelers REINHARDT TROLLIP word opgeneem in die SA onder 19 tennisspan as die nommer een speler. Hierdie span het tydens die Julie vakansie in Engeland aan toernooie gaan deelneem en sluit die jaar af deur aan die Zone VI Games toernooi in Lusaka, Zambië, te gaan deelneem. Voorwaar ʻn besonderse prestasie, ons is werklik baie trots op hom !
Hoërskool Eldorainge het skoonskip gemaak tydens die Baseline Tennisliga waaraan hul tydens die derde kwartaal deelgeneem het. Tydens hierdie liga behaal al Eldoraigne se A-spanne ʻn eerste plek. Eldoraigne stap met al 3 trofee weg en is vasbeslote om in die volgende jaar hierdie prestasie te herhaal.
Eldoraigne het ʻn produktiewe vennootskap met Pro-active Tennis Academy die afgelope jaar gehad wat verseker gelei het tot dié uitstekende prestasies hierdie jaar. Ons sê dankie aan Demé, Aubrey en hulle span wat die die vlak van tennis by Eldoraigne beslis verhoog het.
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

Die eerste ligakompetisie van die jaar het afgeskop op 7 Maart. Dit is aangebied op Eldoraigne se tuisveld en soveel styl is lank laas gesien. Die beoordelaars en eregaste is behoorlik trakteer in die nuwe onthaallokaal – die komplimente het ingestroom oor Eldoraigne se puik reëlings en gasvryheid. Baie dankie en geluk aan al die ouers, personeel en leerlinge wat by die organisasie betrokke was.

Ons span het dan ook nie teleurgestel nie en ‘n puik vertoning gelewer. In die “Flag” groep het Eldoraigne ‘n vierde plek uit tien spanne behaal. Ons veral opgewonde oor die Small Drill se uitslae. Ons hoofleidster, Lee-Anne Oosthuizen, het ‘n vierde plek behaal. Die Sub-leidsters, Squad (vlae en props) en Vertoningselemente kategorieë het ‘n tweede plek losgeslaan. Ons Small Drill het ‘n algehele tweede plek behaal, na Saint Dominics, wat in 2014 die SA-kampioene was. Waterkloof het algeheel derde geëindig.
KONTAK die skool vir meer inligting: KLIK HIER

KLIK op foto hieronder vir nuutste ELDO-foto's op FB:

Hoërskool Eldoraigne - Sport