BUSROETES

ROOIHUISKRAAL BAKENKOP/ THE REEDS AMBERFIELD

Hoërskool Eldoraigne bied in samewerking met ‘n buite maatskappy busvervoer na en van die skool vanaf bogenoemde areas aan. Die finale roetes sal op die webblad beskikbaar wees en/of op aanvraag . Die skool is geensins verantwoordelik vir die vervoer nie en doen slegs die reëlings om dit makliker vir leerders te maak om van die diens gebruik te maak. Die skool, personeel of beheerliggaam kan dus nie aanspreeklik gehou word as die kontrakteur nalatig is nie. Leerders maak dus gebruik van hierdie busdiens op eie risiko.

Leerders MOET REGISTEER by Me Suzette Viljoen by finansies om van die busvervoer gebruik te maak. Die aansoekvorm is beskikbaar op die skool kommunikator, webtuiste of by viljoens@hseldo.co.za. Om gebruik te maak van die diens moet leerlinge dus aansoek doen en die komitee sal bepaal watter 60 leerlinge per bus toegelaat word.

Reëlings mag onderhewig wees aan wysigings , maar die skool sal u vroegtydig daarvan in kennis stel.

IRENE, CLUBVIEW, CENTURION GHOLF ESTATE, HIGHVELD, ZWARTKOP, VALHALLA, VOORTREKKERHOOGTE, HEUWELOORD, CELTISDAL, MONAVONI

Daar is skoolbussies wat vanaf bogenoemde areas leerlinge kan vervoer. Daar is egter slegs plek vir 13 leerlinge per bussie. Indien u sou wou gebruik maak van hierdie diens moet u Me Suzette Viljoen kontak by viljoens@hseldo.co.za of 012 6602066 om vas te stel wat die kostes is en ‘n plek te bespreek.

KLIK HIER om BUSROETES af te laai (pdf-dokument).

Op- en AflaaipunteOplaaitydAflaaityd
1. BlueValley Mall06:1015:15
2. Einde van Uitsigweg (Neilweg en John Straat)06:2015:05
3. Uitsig Laerskool06:2514:55
4. Phillips Kafee06:2714:50
5. Spar (The Reeds)06:3014:45
6. Amberfield Ridge (Hv Lenchen en Fouriestraat)06:3514:40
7. Amberfield Glen06:4014:35
8. Shell Garage06:4514:30
Op- en AflaaipunteOplaaitydAflaaityd
1. Hv Hofsanger & Kestrelweg06:1515:15
2. Kestrel & Kolgans06:2015:10
3. Sasol Garage Maraboeweg06:2515:05
4. Hv Panorama en Maraboe Weg (L/s Rooihuiskraal)06:2715:00
5. Panorama (Medipark)06:3014:45
6. Wierda Glen Estate06:3514:45
7. Hv Theuns van Niekerk en Hendrik Verwoers06:4014:40
8. Piet Hugo & Willem Botha06:4514:30