By Hoërskool Eldoraigne KOOK kultuur.

Daar word soveel geleenthede gebied, dat elke leerling wat deel is van ons skool, iewers ʻn plekkie kan vind, om deel te wees van groot opwinding. Kom sing, dans, speel toneel, maak musiek, verf en teken, leef jou kreatiewe drome uit …

Die jaarlikse danskunswedstryd vind elke jaar in September plaas. ‘n Rekord getal inskrywings van 68 items is op die program. Agt bekwame beoordeelaars is slaggereed. Wat hierdie jaar so besonders maak, is die feit dat ons buurskole saam kom deelneem. Hoërskool Zwartkop skryf 26 items in en Uitsig drie. Eldoraigne spog met 39 items. Van die 68 items was 5 groepe van ten minste 6 lede. Daar was ook 10 duete en die res solo’s. Die items sluit in Hip Hop, Disco, Akrobaat, Ritmiese gimnastiek, Ballet, Karakters, Lyrical, Contemporary, Jazz en Modern. Die manne het ook nie op hulle laat wag nie – daar was 9 items wat deur seuns gelewer is. Soos in die verlede, was die standaard baie hoog. Die beoordeelaars is baie beindruk met die kwaliteit werk wat gelewer is en sien met groot afwagting uit na 2015 se kunswedstryd.

Hoërskool Eldoraigne
Hierdie aktiwiteit lok altyd groot belangstelling by leerlinge. Ons bied die geleentheid om deel van hierdie heerlike saak te wees op verskeie maniere. ʻn Baie bekwame buite-afrigter. Daar word weekliks dramaklasse by die studio aangebied. Die aanvraag groei steeds, veral in die lig van soveel nuwe moontlikhede in hierdie veld en die beskikbare teaters in ons omgewing. ELDOʼ DRAMʼ ARTE DRAMA MAAK PRAAT PRET!! * Leer kreatief dink * Tree spontaan voor mense op * Verbeter jou selfvertroue en * Ontwikkel leierseienskappe Of jy 5 of 50 is, as jy jou kommunikasievermoë wil verbeter, hulp nodig het met toesprake of aan kunswedstryde wil deelneem. Kontak : Elsje Van Zyl (0823909010)

Hoërskool Eldoraigne

ELDO-IDOLS 2014

Eldo-­‐Idols 2014 Vanjaar se Idols-­‐kompetisie was verseker die beste kwaliteit sangers in jare. Ongeveer 50 leerlinge het opgedaag vir die oudisies en 15 finaliste is uit die groep verkies. Elke finalis het tydens die finale aand ‘n ongelooflike vertoning gelewer. Beoordelaars van GROOT FM, JAKARANDA FM en LEMON JACK STUDIO’S was beïndruk met die hoë standaard wat gehandhaaf is. Uitslae was as volg: Gehoor se keuse: Kalinka Kilian 3de – Sharnè Rust 2de – Liandri Lensley Wenner – Kalinka Kilian Ons gaskunstenaars vir die aand was oud-­‐Eldo Reinier Joubert, wat ook ‘n voormalige Idols-­‐wenner is; Shannon Page wat 2013 se High School Superstar is en ook Pitch Perfect – drie graad 6 seuns van Hennopspark Laerskool wat die gehoor vermaak het. Eldo-­‐Idols gaan elke jaar van krag tot krag en ons sien baie uit na wat volgende jaar se kompetisie mag oplewer.

Hoërskool Eldoraigne
Tradisioneel op die tweede Woensdag in Mei, vind die Liefdadigheidskonsert plaas, wat die talentvolle leerlinge van Hoërskool Eldoraigne aanbied vir die bejaardes van ons omgewing.
Die doel van hierdie geleentheid, is om ons dankbaarheid te toon vir al die seën wat deel is van die Kultuuraktiwiteite in die skool, bemarking en veral om aan ons oupas en oumas erkenning te gee vir hulle aandeel in die samelewing.
Die koor, ons beste soliste, dansers en dramaleerlinge het die program met entoesiasme gevul en die sowat 140 bejaardes het hoë waardering gehad vir die kinders se aandeel in die liefdadigheidsoggend.
Almal het heelhartig deelgeneem aan die samesang, wat bestaan het uit ou bekende liedjies, soos bv. SAL ONS OU KENNISSE OOIT VERGEET… Na die konsert is almal op verversings getrakteer en na ʻn besliste versoek om jaarliks hierdie geleentheid te herhaal, is almal gemoedelik uitmekaar.
Talle van hierdie bejaardes, was die res van die jaar getroue bemarkers en ondersteuners van al die Kultuuraktiwiteite wat die skool aangebied het.