Kwaliteit onderrig sedert 1974 - die skool vir vandag en môre!

By Hoërskool Eldoraigne word ‘n uitsonderlike hoë prioriteit aan die akademie gegee en daarom het ons weer in 2016 ‘n voortreflike jaar beleef op die akademiese terrein.
Die bogemiddelde prestasies wat gelewer is op die verskillende akademiese terreine is ‘n besliste aanduider dat ons, wat die akademie betref, ‘n voorloper is. Ons dank en waardering gaan uit na ons onderwysers, leerlinge en ouers in hierdie verband.
Wat ons matriekuitslae van 2016 was ons weer deel van die top skole in Gauteng. Ons matrieks het in totaal 497 onderskeidings behaal en uitsonderlike prestasies is in verskeie vakke gelewer.

Vorige jare se ELDO-prestasies word hieronder aangedui:

JAARGRAADLEERLINGE% SLAAG
20048 - 11; 121337; 25298,2; 100
20058 - 11; 121272; 30798,2; 100
20068 - 11; 121272; 30798,2; 100
20078 - 11; 121400; 34198,1; 99,7
20088 - 11; 121400; 34198,1; 100
20098 - 11; 121264; 32497,9; 100
20108 - 11; 121341; 32198.1; 100
20118 - 11; 121337; 31698,5; 100
20128 - 11; 121302; 31598,7; 100
20138 - 11; 121260; 31896,6; 99,68
201412305100
201512331100
2015-Matriekuitslae:
  • 100% Slaagsyfer
  • Aantal leerlinge : 331
  • 553 onderskeidings
  • 75% Universiteitsvrystelling
Kies uit onderstaande en laai direk die inligting in pdf-formaat af:
Hieronder volg die Prospektus van Eldoraigne Al die nodige inligting rakende akademie, vakke, vakkeuses en aktiwiteite, word hierbinne vervat.
Kies uit onderstaande en laai direk die inligting in pdf-formaat af:
Hieronder volg die gebruikersgids van Snapplify. Al die handboeke wat die skool gebruik, is op Snapplify gelaai en kan deur die ouers hier elektronies aangekoop word.
Eldo’s kom verdrink in ons moedertaal, AFRIKAANS. Skryf jou hart uit – met gedigte of kortverhale. Ons gaan aan mekaar se skryfsels skaaf om sodoende die blinkste juweel uit jou werk te ontgin.
Die internet gaan ‘n belangrike medium wees waar julle, julle werke kan publiseer en ook toegang tot ander s’n het. Indien jou werk van kwaliteit spreek en jy ten volle gelukkig is daarmee, kan daar aan kompetisies deelgeneem word en jou werke kan ook op kreatiewe internet-blaaie geplaas word o.a WOES (Kreatiewe platform vir Afrikaans).
Jy sal nie weet hoeveel satisfaksie jy gaan ervaar voor jy nie probeer nie. Ek sien daarna uit om jou en jou skrywerstalent te ontmoet.
Carpe Diem
Juf. Marina Marais

Afrikaans - Marina Marais
Jou stroopdraadjie
klou tameletjietaai
aan my lippe vas
soos edelwyn rol my tong
jou rond
Jy tuimel oorverdowend
oor my woordewaterval -
jou kuile tot oorlopens toe vol
van klinkende klank
Jou skatkis
van semantiese gesteentes
oopgebreek uit brute ballingskap
van 'n eens donker taalspelonk
Jy is my ontsnappingsroete
uit die nimmereindigende konflik
en verraad -
van nasies wat sukkel
om die taal te praatv
Jy is my opslagsomer
in 'n winterland van
daaglikse woordverval
Jy is vasgevang in my bestaan:
my planeet
my son
my kosmos
Jý is myne.
Kies uit onderstaande en laai direk die inligting in pdf-formaat af:
Hoërskool Eldoraigne